

LEKKERSTE PEERTERT
1 Swissroll, in skywe gesny en ‘n groot pyrex bak daarmee uitgevoer.
Ingelegde pere, gedreineer en in skywe gesny of klein stukkies, nes jy verkies. Pak uit op koeklaag.
1 blik kondensmelk, gemeng met
1/4 – 1/2 koppie vars suurlemoensap (hang af hoe suur jy dit verkies) meng goed met kondensmelk en gooi oor die pere
Vars room, styf geklits, smeer oor die kondensmelklaag.
Flake gekrummel bo-oor (of gewone sjokolade oor gerasper)
Laat staan in yskas tot benodig, ten minste so uur.
Voila! Baie, baie lekker!
RESEP: Mariette Visser
FOTO: Wilma Josey Venter






