

LAGIE ERTJIE SLAAI
Dit moet ook in spesifieke lagies gepak word sodat die blaarslaai crisp bly vir dae daarna. Ek pak die bestanddele in ‘n halfmaan op die tafel sodat ek nie deurmekaar raak met die lae nie. Die lae is as volg:
blaarslaai
bacon
fyngekapte ui
klein gevriesde ertjies
gekapte neute
gerasperde chedderkaas
Miracle Whip
fyngedrykte Bacon Tuc beskuitjies
Herhaal die lae na gelang van bestanddele.
Die Blaarslaai lê dan op die beskuitjies en bly vir dae vars en crisp… as die slaai so lank hou!!!
En ja….hy moet die aand vantevore gemaak word!
Bron: Ria Vermeulen






