Kook die 4 koppies melk en sago saam.
Meng res van die melk, suiker en eiergele en voeg by sagomengsel.
Los jellie in kookwater op en voeg by mengsel.
Klop wit van eier styf en vou in. Plaas in yskas.
Ek sit ook by ‘n knippie sout en 1 teelepel vanilla geursel
Resep en foto: Erina Delport









Baie dankie vir die resep. Dis die lekkerste maklikste wat ek nog gedoen het en almal het ge”rave” oor die smaak.
Ek het egter ‘n eetlepel botter by die melk en sago gevoeg, asook ‘n eetlepel rou vlapoeier by die eier mengsel die vla poeier gee dit ‘n sagte velvet smakie. Ek het pynappel jellie gebruik.
Lekker man – lekker
Baie dankie Petro dis altyd lekker om te hoor julle het ‘n resep geniet…:)