KONFYTBLOKKIES MET KONFYT VAN JOU KEUSE
Maak: omtrent 30
Oondtemperatuur: 180 ºC
270 ml (250 g) botter
400 ml (350 g) strooisuiker
2 groot eiers
10 ml vanieljegeursel
1 000 ml (545 g) koekmeel
20 ml bakpoeier
250 ml aarbei- of appelkooskonfyt
Klop die botter en suiker saam.Voeg die eier en vanielje by en klop goed. Vou die gesifte meel, bakpoeier en ’n knippie sout by.
Draai die bol deeg met ’n stuk kleefplastiek toe en sit dit vir minstens ’n halfuur in die yskas.
Druk driekwart van die deeg in ’n gesmeerde oondpan van 24 x 34 cm of twee vierkantige panne van 22 cm. Smeer ’n laag konfyt bo-oor en rasper dan die res van die deeg oor. Bak in die verhitte oond vir 20 minute of tot goudbruin. Laat effens afkoel en sny in blokkies. Los in die pan tot heeltemal afgekoel. Skep versigtig uit en bêre in ’n lugdigte houer.
Posted: Amanda Conradie







