GEROOKTE VARKWANG PASTEI
Ongeveer 800g varkwangskywe
1 ui
2 knoffelhuisies
‘n paar takkies van elk: tiemie, roosmaryn, origanum.
sout
drie medium groot aartappels in klein blokkies gesny
3 klein Granny Smith appels in klein blokkies gesny
1 groenrissie in stukkies gesny.
Braai speserye na jou keuse.
Bedek die varkwangskywe met water in die stoompot en voeg die kruie takkies, ‘n handvol growwe sout, die ui met skil en al net in die helfte deurgesny asook die knoffelhuisies wat net gekneus is, by. Stoom dit saam vir ongeveer 15 minut en dreineer die vleis. Die water met die res van die bestanddele kan uitgegooi word. Geur die vleis met braai speserye. Ek het ‘n BBQ sout en Cajun speserye gebruik. Omdat die vleis reeds baie sag was het ek dit op ‘n plat oondbak in die beroker geplaas en vir 10 minute gerook. Toe deurmekaar geroer en vir nog 10 minute gerook. Kook of mikrogolf intussen die aartappel, appel en groenrissie tot net sag. Meng dit alles saam in ‘n oondbak en giet ‘n slap pasteideeg daaroor. Bak tot die deeg gaar is en begin verkleur.
Bron: Adam Cloete








