

GEKRUIDE HOENDERSLAAI
3 gaar hoenderborsies ontbeen en in blokkies gesny
1 koppie gaar bruin rys
3 eetlepels rooi wynasyn
4 eetlepels olyfolie
2 eetlepels Franse mosterd
sout en peper na smaak
2 teelepels cumin poeier
2 fyngemaakte knoffelhuisies
2 eetlepels fyngekapte pietersielie
1 gekapte selderystingel met blare
¾ koppie gekapte komkommer
2 kleinerige gekapte tamaties
1 groen / rooi / geel soetrissie (jou keuse of bietjie van elk)
1 koppie gekapte sampioene in botter gebraai tot net verkleur.
Meng die asyn, olie, mosterd, sout, peper, cumin, knoffel en pietersielie goed deurmekaar. Giet die mengsel oor die warm rys en meng. Voeg die hoender, seldery, sampioene, komkommer, tamaties en soetrissies by en meng goed.
Bedien koud.
Bron: Adam Cloete.






