GEDROOGTE MANGO AND PIESANGS
Ek het piesangs en mangoes net opgesny in skyfies. Geen speserye of geurmiddels – net die vrugte. Het dit vir so 8 ure gedroog in my “dehydrator”. Piesangs is om een of ander rede vreeslik soet. Ek verpak dit in klein “snack pack zip lock” sakkies wat ek eers die lug uitdruk. Ek weet nie of mens dit baie lank kan stoor met die dat daar geen preserveer middels oor is nie.
Dis die maklikste en goedkoopste peusel goed vir oud en jonk.
Bron en fotos: Teresa Louw