
FLUWEEL-HOENDERSOUS
2 eetlepels botter
2 eetlepels meelblom
¾ koppie hoenderekstrak
1 geklitste eiergeel
¼ koppie room,
Peper, knippie
1 ½ teelepel suurlemoensap
Sout na smaak
Smelt die botter, en roer die meel glad daarin.
Voeg die ekstrak geleidelik by, en roer dikwels totdat die sous glad en dik is.
Meng die room met die geklitste eiergeel, en skep `n bietjie van die warm mengsel daarby. Roer dit dan geleidelik weer by die sous in.
Laat saggies gaar word vir 2 minute lank sonder dat dit kook.
Voeg die res van die bestanddele dan by, laat warm word, en dis op
Die resep en foto geleen van Heerlike Boerekos en Afrikaanse Resepte






