2 geelperskes
1 eetlepel wit wynasyn
2 eetlepels suiker2 teelepels kerriepoeier
1/2 koppie water
knippie sout
Skil en sny die perskes in klein stukkies. Plaas dit saam met al die ander bestanddele in ‘n kastrol en kook tot die perskes pap is. Hou dop en gooi bietjie water by as dit te droog raak. Indien dit aan die einde te waterig is, kan klein bietjie mielieblom bygevoeg word om die sous te verdik. Gooi oor hardgekookte eiers in ‘n opskepbak en laat afkoel. ‘n Ui kan in ringe gesny word en saam met die perskes gekook word.
Adam Cloete