DIE VINNIGSTE FRIKKADELLE OOIT
1 kg maalvleis
1 pakkie bruin uiesoppoeier
200 ml suurroom
Meng room en sop, voeg maalvleis by, vorm frikadelle en bak by 180 ºC tot gaar.
Ek sit soms fyngesnyde sprietuie by.
Resep – Annemarie Roelofse
Shaunay Strydom – Hier is my resep
1 kg maalvleis
1 pakkie bruin uiesoppoeier
1 blikkie suuroom
1 gerasperde ui
Meng alles mooi saam, rol in balle bak op 180ºC vir 45 minute. Maak sy eie sous, maar ek maak ‘n pakkie “savoury gravy” aan en gooi dit oor frikkadelle as hulle uit die oond gekom het…is heerlik.








