BILTONGPATEE
Heerlik vir oujaarsaand
15 ml olie
1 ui, gekap
200 g vars sampioene, fyn gekap (400 ml)
500 ml fyn biltong
125 g gladde maaskaas (125 ml)
200 ml mayonnaise
30 ml pietersielie, gekap
Verhit die olie en soteer die ui en sampioene tot sag.
Vermeng dit met die res van die bestanddele tot glad.
Bedien die patee met growwe broodvingers.
Porsies: 10
Kan bevries word.
Geplaas deur Peter Harry