“SWEET & SPICY” NOEDELS
500 g noedels
1 groen soetrissie (blokkies)
1 blik gedreineerde appelkooshalwes in blokkies gesny
“Sweet & Spicy” sous van Knorr
Berei noedels volgens aanwysings op pak.
Meng soetrissie, appelkoosstukkies en sous by noedels.
KERRIE NOEDELSLAAI
500 g noedels
1 groot ui (gesnipper)
1 groot groen soetrissie (blokkies) (kan ook rooi en geel peper insit vir meer kleur)
Sous:
250 ml tamatiesous
200 ml witsuiker
125 ml olie
125 ml witasyn
25 ml kerriepoeier (matig)
7 ml sout
2 ml swartpeper
1 ml tabascosous (opsioneel)
Berei noedels volgens aanwysings op pak.
Voeg ui en soetrissie by noedels.
Meng sousbestanddele saam en voeg by noedels.
Wenk:
Meng sous by noedels terwyl dit nog warm is (moenie noedels afspoel nie) ~ die sous trêk dan lekker in die noedels in, roer kort-kort deur
Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder ~ die slaai kan ook gebottel word
Geplaas deur Bianca-anne Koen








