NB: In die somer op warm plekke is die deeg geneig om baie sag te wees. Plaas dan in die yskas tot die deeg hanteerbaar is – moet nie meel byvoeg nie.
Variasies:
Vir Vlakoekies: Vervang ek die Maizena met vlapoeier.
Vir Romany Creams: Voeg ek ‘n koppie klapper by en ook 60 ml kakao. Dan maak ek balletjies en druk dit met ‘n vurk plat.
Sit die klaar gebakte koekies aanmekaar vas met gesmelte sjokolade.
Klapperkoekies: Voeg ek net ‘n koppie klapper by.
Ek voeg ook ‘n 1½ koppie Meusli by en maak balletjies wat effens plat gedruk word, voor ek hulle bak. Dip helfte van die koekie in gesmelte sjokolade en laat afkoel.
Vir sjokolade splinter koekies: Voeg ek 2 koppies Chocolate Chips by die basiese resep. Kids is mal daaroor.
Dan sit ek jelly tots op die basiese resep of cherries (halwes of kwarte) of enige ander versiering wat jy wil opsit.
Hierdie koekie kan jy enige iets mee doen. Alles werk lekker uit.
Geniet dit!!
BRON- Esmarie Friedrichs








