SUURLEMOENTERT SONDER EIERSKUIM
3 blikkies kondensmelk
3 eiers
250 ml suurlemoensap
2 pakkies tennisbeskuitjies
2 eetlepels gesmelte botter
Meng kondensmelk, eiers en suurlemoensap goed deur.
Maak koekies fyn en meng botter in om ‘n deeg te maak.
Druk die koekiedeeg vas in ‘n tertbak.
Skep die mengsel in die kors.
Bak vir 40 min teen 180 ºC.
Flop proof!
Geplaas deur Bekkie Bonnita Potgieter – Resep by bure gekry.