HELEN SE HOL VETKOEK
7 koppies koekmeel
1 pakkie kitsgis
3 teelepels sout
1 eetlepel suiker
300 ml melk
450 ml kookwater
50 ml kookolie
Meng al die droe bestanddele saam en maak ‘n dammetjie in die middel – gebruik groot bak vir knie.
Meng kookwater, melk en olie saam en voeg by die meel.
Meng met ‘n groot lepel tot alles mooi ingemeng is. Sprinkel so ‘n bietjie droë meel oor mengsel en begin knie.
As dit nog aan hande kleef strooi nog ‘n bietjie meel oor en knie.
Deeg is reg as dit nie meer aan hande kleef nie en elasties is.
Smeer ‘n bietjie olie oor en bedek met kleefplastiek.
Laat rys in lou-oond tot verdubbel het en laat rys weer.
Knie af en rol uit tot so 2cm dik
Gebruik groot ronde koekiedrukker en druk deeg uit.
Diepbraai tot gaar.
Hulle is lekker hol binne vir vulsel.
Bron: Helen Amato








