SUIKERSTROOP-PERSKES
2.5 koppies vars water
300 g suiker
20 mooi geelperskes
Gooi die water en die suiker in ‘n groot kastrol, laat kook tot die suiker opgelos is.
Plaas nou die perskes in die stroop en kook vir 10 minute.
Haal uit die stroop, trek die skilletjies af, pak die perskes mooi dig ‘n jou gesteriliseerde bottels. Gooi die warm stroop oor – dit moet die perskes bedek. Vat nou ‘n lang sosatiestokkie en draai die perskes sodat al die lugblasies ontsnap. Draai die deksels op – en bere vir winterpoeding of vir wanneer jy oorsese gaste kry.
Bron: Niel Stemmet







