SIMONZOLA SOUS
Ek is nie sterk op vreeslike sterk blou kaas nie, maar Simonzola is ‘n weergawe wat erg lekker is (soos Gorgonzola) maar slaan jou nie tussen die oë nie.
1 blok Simonzola
room
maizena
swart peper
As jy so ‘n blok Simonzola en room (ja, ja, ek weet …) saam smelt en effens verdik met maizena en jy maal lekker swart peper daarby – dis ‘n hemelse sous vir steak of vir pasta.
BRON- Petro Borchard








