

RENE SE HOENDERSOP
1 klein hoender
1 teelepel sout
1 teelepel gemengde droë kruie
1 ui, fyngekap
1 eetlepel botter vir smoor
1 eetlepel olie vir smoor
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 wortel, fyn gesny
2 koppies grof gekapte seldery stingels en blare
1 koppie botterskorsie klein blokkies
vars pietersielie
roosmaryn
tiemie
lourierblare, net ‘n paar
(omtrent 2 van elk in ‘n bondeltjie gebind)
2 liter hoenderaftreksel
250 ml wit wyn
knippie swartpeper
Trek die vel van die hoender af, strooi sout en gemengde kruie oor (gebruik vel vir aftreksel)
Braai die hoender in die oond vir 40 minute by 180°C. Sny die vleis van die karkas af (gebruik die karkas vir aftreksel). Gee omtrent 2 ½ – 3 koppies vleis. Smoor die ui en knoffel in die botter en olie. Voeg wortel en skorsie by en roerbraai. In ‘n groot kastrol, 2 liter warm hoenderaftreksel, hoendervleis blokkies/stukkies, groentemengsel en bossie vars kruie, swartpeper. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en gooi wit wyn by. Laat prut vir ongeveer 1 uur. Gooi bossie kruie weg voor opdiening. NOTA: Vir hoenderroomsop voeg ‘n koppie room aan die einde by.
KORTPAD
Braai ontvelde hoenderborsies stukkies tot gaar saam met gemengde kruie (soos vir roerbraai). Gebruik blokkies hoenderaftreksel (bv. Knorr), maak 2 liter soos aanwysings, as jy verkies om nie eie aftreksel te kook nie.
Aartappel kan ook bygevoeg word, sny in klein blokkies en kook saam in kastrol.
Resep: Rene Truter Wessels






