PATAT, APPEL EN PIESANG POTJIE NAGEREG
Het al 4 potjies gewen met my patat, appel en piesang potjie. Dit word in n pannekoek deeg gebak en daarna met n soet stroop besprinkel. Glo my dis n WENNER.
2 kg soetpatats gekook in ringe tot sag
2 groen appels in blokkies
4 piesang in skywe
Hou eenkant
250 ml stork margarine
1 koppie suiker
1 eier
Klits die 3 bestanddele goed
1 1/2 koppie meel
2 teelepels bakpoeier
1/2 teelepel gemmer
1 teelepel sout
2 koppies melk
Meng hierdie 5 bestanddele saam en meng dan goed met margarine en suiker en eier. Dit lyk of die mengsel skif maar dit moet so lyk.
Gooi mengsel oor WARM pampoen mengsel en bak stadig vir n uur.
Die deeg moet die pampoen net bedek en nie te ver oorloop nie. Druk gate in die patats sodat die mengsel kan deurloop.
Stroop
125 g botter
250 ml heuning of Stroop
Bietjie sout
Bietjie caramel essence
Smelt die bestanddele saam op lae hitte.
Gooi die mengsel oor patats as die deeg gaar is. Plaas terug op vuur vir 5 min tot stroop ingetrek het.
Probeer dit gerus dis heerlik.
BRON – Malinda Kieser Geldenhuys








