1 Blik Kondensmelk
500ml Jogurt
Meng saam sit in mikrogolf oond vir 2 min roer weer 2 min roer. Gooi in tert bord. Laat koud word. Ek het n kors gemaak met tennis beskuitjies, en met room versier.
Resep: Jolandi Greyling
Foto: Bernadene Daniell Prinsloo – Ek het net n lekker stywe jellie bolaag gemaak vir afronding. maak 1pk jellie aan met 125ml warm water en 125ml koue water, nie soos op die pakkie nie.
Die arbei ene het ek Boudoir Koekies net in die bak gepak en die vulsel bo oor. Dit lyk baie mooi as mens dit sny. Die pynappel ene het ek gemmerkoekies gebruik. Die smaak werk lekker saam.








