KINGKLIP VIS MET ‘N CHILLI SOUS
Ek hou daarvan om my vis eers met olyf olie te smeer en die ene het ek met Vitla se garlic, ginger en sesame flavour soy sous gesmeer en gelos vir so uur. Volgende het ek net gewone koekmeel gevat en die vis liggies bedek en vandaar in warm pan met olyf olie gebraai.
Nogal belangrik dat jou olie goed warm is.
Vir die prawnsous vat ek cape point se prawn wat klaar skoon is, braai in garlic botter, voeg Ina Paarman se tamatie en chilli sous by en simmer vir so 2min. Ek maak gewoonlik basmati rys saam die vis en die prawn sous gee vreeslik geur.
Vars mint bo oor is net heerlik. Ek’s mal oor kleur en vars produkte.
BRON- Danie du Preez








