IDEES VIR LIGTE ETES
Linda Grobbelaar
Ek het so baie sulke gedagtes. Wens ek kon so iets doen. Ek eksperimenteer gedurig. Iets wat ek nou onlangs probeer het en wat rerig lekker is. Is spinasie stokkies. Dit het net vir my na mors gevoel om dit weg te gooi. Vars jong spinasie. Die wit stingels van die spinasie afgesny en happie grootte gesny. Sit in mikro met biki sout vir ‘n 5min. Maak ‘n slap degie. Dip stukkies daarin en braai in olie. Dit is heerlik!
Leonie Steenekamp
don’t forget lovely quick savoury pancakes. Fillings like spinach and feta, ham, cheese and mushroom are popular
Bennie Venter
Lekker en vinnige tuna gereg wat selfs jonges geniet. Ideaal vir middag ete. Braai uie en gekapte mushrooms met bietjie knoffel en swart peper. Voeg dan so 3 blikkies tuna by asook n hele pak fyngemaakte kaas en uie chips. Meng deeglik en skep in plat glas bak. Rasper kaas oor en bak so plus minus 15 minute tot kaas smelt. Heerlik
Elsabie Templeton
daar moet altyd iets met proteiene wees en onthou die vegetariers! tjalies (wraps) kan dubbel diens doen vir hoender of vleis repies in heuning en mosterd of bloukaas en rooi uie marmelade sousies met slaai in sowel as oondgeroosterde groentes of roerbraai groentes soos eiervrug, baby marrow, wortel, botterskorsie (alles in julliene gesny en gebraai) saam met soet rissie sous. Op die koeler dae is ‘n individuele bakkie met lasagne of ‘n bord spaghetti bolognaisse altyd ‘n wenner. Ek glo in hou die dis eenvoudig (minder bestandele is meer) MAAR dit moet die beste wees wat jy kan maak.








