HOENDERPASTEITJIES
Opgekookte hoender, van die been verwyder en fyngemaak
gebraaide sampioene, kleiner gesny
Bietjie sampioen soppoeier met hoender aftreksel tot ‘n lekker dik sous vorm
Meng deur en skep in bakkies.
Maak ‘n degie van koekmeel, bakpoeier, eier en melk, sommer lekker loperig en giet bo oor. Nie te veel nie.
Bak en haal uit vorms. Alternatiewelik een groot pastei.
Wees versigtig die soppoeier is geneig om sout te wees.
Bron en Foto: Nicolaas Martinus Swanepoel








