GEELRYS MET ROSYNE
Spuit kastrol onder met Spray and Cook
Giet in 6 koppies kookwater
125 ml kookolie
borrie vir mooi goudbruin kleur
sout
38 ml suiker
bietjie kaneel
Plaas op die stoof om te kook. Sodra dit kook voeg 500 ml rys en 250 ml rosyne by. Laat 10 min vinnig kook en laat dan verder baie stadig kook tot gaar. Moenie roer nie.
Bron – Anne Snyman