Hi ek maak n braai kool. Wat “baie lekker is.
Sny jou kool in dun repies. Gooi in bak.
Gooi nou kook water oor en laat staan vir so 20 minute.
Braai nou jou uie en green pepper. Net mooi lig bruin.
Voeg nou jou tamaties by ( ni geblikte tamaties asb ) onthou om di skilletjies af te trek.
Braai tot jy dink dis amper reg.
Voeg nou sout , peper, suiker by. Meng deur.
Sny nou n pakkie wit mushrooms in helftes en voeg by braai nog n rukkie.
Voeg nou die kool deur n vergieter (strainer ) sodat al die water af is.
Voeg dit nou by die uie en tamatie mengsel.
Roer goed op lae hitte. Roer kort kort. Moenie brand ni. As te droog voeg bietji water by en roer goed.
So 15 minute voor opdiening voeg dan n klein blikkie chakalaka ( mild ) by roer goed deur. Laat kook nog so 10 minute en bedien. Ek hoop julle gaan dit ook so baie soos ons geniet
BRON- HEILA DE BRUIN








