
WENKE VIR DIE GEBRUIK VAN ‘N GASSTOOF
Elaine Schoeman:
Die beste om die hitte van jou gasoond te bepaal is om ‘n paar snytjies witbrood op ‘n bakplaat te bak om te bepaal waar die hoogste hiite is, sodoende kan jy bepaal waar om wat suksesvol te kan bak
Adri van Staden:
Ons het ook ‘n gasstoof en ek bak gereels in die (gas)oond sonder probleme. Ek stem saam met Adam dat jy die temperatuur ‘n paar grade hoër moet stel. Vir die verbruining van kos soos vleis het hy ‘n “grill”, d.w.s. ‘n vlam bo in die oond.
Elsabie Templeton
: ek het so 5-6 jaar gelede ‘n Smeg gas stoof met gas oond gekoop omdat ons so baie onderbrekings in Midrand het (veral in die somer na donderstorms), ek bak enige koek (van vrugtekoeke, klein koekies tot gebakte kaaskoeke), pasteie en beskuit perfek in die gasoond. Ek het nog nooit ‘n problem gehad met iets wat nie wou bruin word bo nie. Ek stel nie my temp hoer nie maar ek bak dit wel bietjie langer. Die rede vir dit is soos die gas verbrand veroorsaak dit vog (wat jou vleis sappiger hou en jou koeke klammer) en dus moet jy bietjie langer bak om dit gaar te kry. Ek verkies beslis gas bo my elektriese oond (ek gebruik die nou net om beskuit uit te droog aangesien ek dit dan nie te hoef omdraai of dop te hou nie, die gas oond droog beskuit baie gou uit maar dit kan ook te donker word as jy dit nie dophou nie).
Magda Malan:
Kry net v jou n thermometer Dan Jan jy Maklik jou temp agterkom, watter merkie is watse temp. My ma bak alles in ha gasoond, ma solos Adam se, dit verbruin ongelukkig ni jou gebak solos n elektriese oond nie
Elsabie Templeton:
Adam Cloete onthou jou oond deur moet op ‘n skrefie oop wees wanneer jy rooster in die gasoond
Amina Geswindt: gas stoof bak beter en gouer as elektrisiteit hou nt dop vi di brand as jy wt hoe om di oond te stel sal als spoedig verloop
Elsabie Templeton:
ek gebruik so tussen 2 tot 3 van die 20kg bottels ‘n jaar, as ek baie bak hou so bottel my net 3 maande maar dis nog steeds baie goedkoper as Eskom krag (ons het 3 fase op kleinhoewe wat goedkoper is as in die dorp/stad wanneer julle dit van munisipaliteit koop)
Elsabie Templeton
Bak jou groot stukke vleis en pizza op onderste rak, koeke & beskuit op middelste rak en kleinkoekies op hoogste rak. Moet nie die vleis toemaak terwyl dit gaar word nie. Die gasoond gee vog af terwyl die gas verbrand wat beteken dat jou vleis sappiger gaan wees en jou koeke klammer as in ‘n elektriese oond. Jy gaan dalk jou bak tye net bietjie langer aanpas as vir elektriese oond. My gasoond het ‘n rooster bo so ek kan my vleis rooster onder die gasbrander asook ‘n spit waarop ek tot 4 hoenders kan sit om gaar te rooster.
Elsabie Templeton
Ek draai nooit my groot vleis stukke om nie. Bak dit eerder stadiger by se 150C vir langer.
Foto: redorbit







Geskuif