VARKVLEIS IN PYNAPPEL EN KLAPPER ROOM
Dit was nou baie lekker, die hoeveelhede is na gelang van die hoeveelheid porsies wat jy wil bedien.
Hier volg my resep.
Braai varkvleis tot bruin en haal uit
Sny twee uie
Sny een seldery stingel
Braai dit so klein bietjie en pak vleis bo dit. Gooi speserye van keuse op die vleis. Sny ‘n pynappel in blokkies en pak oor vleis. Sit dan die klein aartappeltjies in en so 4 wortels in lang repe gesny. Gooi ‘n blikkie klapper room oor. Sit bo op so 2 takkies roosmaryn en so paar takkies tiemie. Sit deksel op en kook vir so uur op stadige hitte.
BRON- Marian van Deventer








