VARK ROERBRAAI
Ons volg nie n resep nie, gebruik wat hier is, ek gaan probeer:
Kook noodles volgens aanwysings
Sny beenlose vark in repies
Sny groente in julienne grootte( groen pepers,rooi pepers,uie,baby marrows,sampioene,groenbone,kool blik pynappelstukke gedreineer)
Drie knoffel huisies opgesny in klein blokkies
Vars gemmer opgesny in klein blokkies
3 birdeye chillies opgesny
Halwe koppie hoenderaftreksel met sojasous en sweet chillisous asook halwe koppie pynappelsap
Braai eers vleis tot driekwart gaar,haal af
Braai al die groente in bietjie olie op warm pan, gooi vleis by, roerbraai nog so twee minute
Gooi jou aftreksel mengsel by, braai nog ‘n twee minute
Bedien vir die wat wil eet.
Resep en foto: Pieter Coetzee








