TOKKA SE BILTONGPOT
400 g gekerfde spek
400 g frankfurters in wieletjies gesny
400 g cheese grillers in wieletjies gesny
± 400g gekerfde biltong
1 ½ koppie pasta
1 koppie rys
1 pakkie sampioene gekerf
1 liter gekookte water
1 koppie witwyn
2 eetlepels crashed knoffel
2 koppies gerasperde kaas
pietersielie vir garnering
twee groterige uie in ringe gesny
± 200ml room
Braai die uie en spek met sampioene in ‘n bietjie olie.
Voeg alle gesnyde worsies by en roer goed.
Voeg die pasta en rys bo oor.
Voeg die water en wyn by en kook ± 3/4 uur tot rys sag is.
Atrooi biltong bo-oor.
Stoom vir ± 10 min.
Voeg± 200 ml room bo-oor.
Strooi kaas bo-oor en laat dit goed smelt ± 10 min, geniet dit.
Foto: Gideon Louw








