Naand julle. Ek het maar besluit om my kosblik van vanoggend vir julle te post. Ek het nou nie fancy goed in nie maar dit was lekker. Het julle al dop gehou op n Maandag wat bring almal in kosblikke werk toe. Gewoonlik dit wat oor gebly het van Sondag ete, Hoender, Rys, aartappels of Potjiekos en rys of Stukkies braai vleis en Braai broodjies.
Wel myne was van die afval en ek het gister mini broodjies gebak vir die wat nie stamp mielies wou eet nie. Ek het maar vir my van die broodjies in gesit saam met n tamatie om tamatie broodjie by die werk te maak want ek het geweet as mense daardie kosblik met afval sien dan gaan ek niks kry nie.
KOOS VAN DER MERWE