

PERLEMOENPOTJIE MET VARS KOLJANDER
genoeg skoongemaakte perlemoen vir vier persone, in baie dun skywe gesny
1 rooi soetrissie, fyn opgesny
1 rooi rissie, fyn opgesny
2 uie, gekap
8 koffelhuisies, fyn opgesny
125 ml olyfolie
250 ml witwyn
250 ml pietersielie, fyn gekap
125 ml koljander, fyn gekap
1 eetlepel suurlemoensap
1 liter aftreksel
sout
varsgemaalde swartpeper
Verhit die olie eerste en dan pak jy jou perlemoen, soetrissie, rissie en knoffel. Strooi die pietersielie oor en gooi die aftreksel, wyn en suurlemoensap in. Kook stadig tot reg.
Toets vir sout en peper en roer koljander in net voor opdiening.
(bedien 4)






