
OM BOTTER TE VERDUBBEL EN SAG TE HOU
LEKKER SAGTE MARGARIEN
Neen 500 g margarien
1 koppie koue water
1 koppie olie
1 teelepel sout
Laat die margarien sag word (nie in die son of mikrogolf nie). As dit sag
genoeg is voeg die bestanddele by en klits goed met elektriese klitser.
Jy sal 1 kg margarien kry. Dit kan net nie vir koekbak gebruik word nie. Dit is altyd sag om te smeer.
Terry Smith – los die sout in ‘n bak water op, 2 eetlepels + 1 litre water. Sit die botter direk in the water.
OM BOTTER TE VERDUBBEL
Hierdie bietjie botter wat nou baie is, kan nie vir bakdoeleindes gebruik word nie.
Bewaar in die yskas.
Verhit 500 ml melk tot kookpunt. Haal dit van die stoof af en voeg 250 g botter
wat in stukkies opgesny is en 5 ml sout by. Roer die mengsel totdat die
botter gesmelt het en laat afkoel. Los 15 ml gelatien in 60 ml warm water
op. Voeg dit by die afgekoelde bottermengsel en klop dit baie goed tot
lig en glad. Sit in geskikte bakkies en gebruik.






