

KONDENSMELK, KLAPPER EN “SWEETCORN” TERT
Vulsel
2 Blikkies Sweetcorn 420g
100 g Whole Corn Kernels
125 ml Kondensmelk
150 g Klapper
30 ml Suurlemoen sap
5 ml Sout
4 Eiers (groot)
2 Brand rissies fyn gekap (opsioneel)
100 g Koekmeel
100 g Maizena
250 ml Melk
Sweetcorn tert kors (Rina Kleinhans)
250 ml Koekmeel
5 ml Sout
125 g Botter
215 g Blikkie Sweetcorn
Maak die “Sweetcorn tert kors (Resep van Rina Kleinhans)
Sif die meel en sout saam. Vryf die botter in, tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Roer die sweetcorn by tot dit n deeg maak. (mengsel redelik slap)
Smeer die mengsel oor die basis en kante van n ( 200mm x 200mm x 50mm ) oondvaste bak
Maak die vulsel:
Meng die Koekmeel, Maizena, Eiers en melk saam.
Vou die oorblywende bestaddele in by die meel mengsel.
Gooi die tert mengsel in die oondvaste tert bak met korsdeeg.
Voorverhit oond tot 180 C Bak tert vir 50 – 60 min.
Bedien tert warm met n braai.
BRON- Hennie Botha






