

KNOFFELBROOD ROLLETJIES
2 groot eiers
25 ml olie
2 koppies louwater
Meng bogenoemde saam en hou eenkant.
Meng die volgende saam:
¼ koppie suiker
1 pakkie kitsgis
1 eetlepel knoffel(of kan meer ook gebruik)
knippie gemmer
5 koppies koekmeel
Meng 1ste gedeelte met 2 de gedeelte om die deeg te vorm.
Maak die volgende sous.
Sous:
¾ koppie margarien(ek gebruik 250g)
3 eetlepels knoffel(gebruik meer baie lief vir knoffel)
5 teelepelspietersielie
2 teelepels droë kruie
Maak bolletjies van die deeg en rol in die sous. Pak in ‘n voorbereide oond pan en giet die res van die sous oor die bolletjies.
Laat rys en bak in oond 180ºC vir 35/40 min.
Strooi kaas oor indien verkies
Resep en foto:Melissa Su Victor






