JARE GELEDE SE SOETKOEKIES
Foto: Marie Rheeder Troskie
FOOD LOVERS RECIPES
10 koppies koekmeel
4 koppies suiker
500 g Stork bake margarine
knippie sout
6 eiers
1 pakkie kremetart
1 teelepel vanilla geursel
2 teelepels koeksoda in 2 eetlepels water opgelos.Meng suiker en sagte margarine tot room. Klits eiers by en dan koeksoda wat met water aangemaak is. Voeg die droë bestanddele by en meng goed.
Rol uit en druk af, dit ek het my meulertjie gebruik.
Bak 180ºC vir 15 tot 20 minute in die middel van die oond.
Ek het vir vulsel caramel treat gebruik.
Plus minus 180 op mekaar koekies gekry.
Ou resep wat my ma altyd gebak het.








