

Madeleine Potgieter
Eier en mayonaise(gemeng met bietjie kondensmelk), smeer bietjie mosterd op broodjie en sit shaved ham(ken nie afrikaans woord) op, bulliebeef gemeng met gerasperde kaas, dun op gesit en smeer dun chutney op broodjie, dun snytjies rou tuna met komkommer.
Elaine Schoeman
hoender en mayo, pastrami met rocket en kaas, tuna en mayo met gesnipperde agurkies
Wietske Mioch Roux
Ek het laas Saterdag vir my jongste se High Tea verjaardagpartytjie, egte Engelse komkommer broodjies gemaak en dit was glo ‘n reuse sukses. Flenterdun komkommersnytjies met teelepel sout gemeng, halfuur laat staan, afgespoel en drooggemaak. Gemeng met 50g mayonnaise, 50g fyngesnyde basilie, sout en peper. Vars witbrood, sonder korsies en die komkommermengsel opgesmeer. In driehoekies gesny. Dit was vir 10 snye brood.
Elaine Schoeman
Mens kan eintlik met die heerlikste goed wegkom op ‘n broodjie, basies enige iets werk, solank dit net nie te loperig of baie nat bestandele is, wat die broodjie pap maak nie. Haddock en maaskaas met gesnipperde rooi rissie is ook baie lekker, avo met bacon en gebraaide ui….
Retha Booysen van Rensburg
Wat van Gourmet burgertjies Rheda? Komkommer en vars beet skyfies dun gesny, met feta kaas krummels, alfalfa spruite en n Tahini-suurlemoen sousie. Dit is baie gesond, proe lekker en lyk vreeslik mooi!
NS: druk dit deur met ‘n tande stokkie!
Vernon G Schoultz Kap
Vleis van heel hoender fyn. Mash halwe blik perskes en meng met die hoender. Gooi mayo daar by end roer goes deur.
1kg polony gerasper halwe kop tamatie sous quart koppie mayo end quart koppie chutney of sweet chilli sous. Meng met polony en smeer op broodtjies
Kaas smeer en gebraaide ui en Vienna’s.






