

HOENDER, SAMPIOEN EN PREIE POT PASTEIE
Drie ontbeende hoenderborsies, in bokkies gesny
1 groot prei in ringetjies
1 bakkie knopie sampioene
vars gekapte tiemie
hoender speserye
2 huisies knoffel, gekap
bietjie botter
maizena
melk
Braai preie, en knoffel, in botter. Voeg hoender by en braai nog bietjie. Voeg bietjie water by en kook so vyf min, voeg sampioene en kruie en speserye by en kook nog so bietjie. Meng melk met maizena en voeg by. Kook tot dik. Sit in bakkies en sit sirkel blaardeeg op. Verf met eier en bak tot deeg gaar en ligbruin is by 180°C.
Martie Fourie Moolman






