6 tot 8 hoenderdytjies en boudjies
2 koppies rooiwyn
1 koppie hoenderaftreksel
2 pietersielie spruite
1 lourierblaar
1 tiemiespruit
1 gekneusde knoffelhuisie
2 eetlepels tamatiepasta
4 repies ontbytspek
10 klein uitjies (ek het gepiekelde uitjies gebruik)
Meel gegeur met sout en peper
Nog 2 lourierblare
Sout en peper
125g knopie sampioene
Giet die wyn in ‘n kastrol en voeg die pietersielie, 1 lourierblaar, tiemie, knoffel en hoenderaftreksel by. Bring tot by kookpunt en laat dan prut tot die vloeistof met die helfte verminder het. Roer die tamatiepasta in, gooi deur ‘n sif en hou eenkant.
Sny die spek in stukkies en braai in ‘n bietjie olie tot net gaar. Verwyder van die kastrol. Braai die uitjies in dieselfde kastrol en braai stadig terwyl die kastrol gereeld geskud word, tot hulle liggies verbruin. Verwyder van die kastrol
Voeg meer olie by in die kastrol, voeg die hoender wat in die gegeurde meel gedoop is by en laat dit stadig verbruin, reg rondom. Hou aan met die kookproses vir ongeveer 10 minute terwyl die hoender gereëld omgedraai en rondgeskuif word. Verwyder van die kastrol, gooi die oortollige olie af. Braai die sampioene nou liggies in dieselfde kastrol en verwyder. Giet die wynmengsel in die die kastrol. Skraap die bodem terwyl die vloeistof tot kookpunt bebring word.
Plaas die spek, uie en hoender terug in die kastrol saam met die ander twee lourierblare en geur met sout en peper. Kook liggies vir 35 minute en voeg dan die sampioene by. Kook verder tot die hoender gaar is.
Bron: ADAM CLOETE, aangepas uit die resepteboek Family Circle FAVOURITE CHICKEN RECIPES.








