HOE OM AVOKADO MOOI GROEN TE HOU
Rio Judy Canovi Brand –
Ek het n link gesien hoe om avokado mooi groen te hou… En vanoggend getoets.. Vanoggend het my dogter guacamole gemaak, die orige het ek in n bakkie gesit. Blokkies uie oorgegooi en nou net die foto geneem en dit het pragtig groen gebly. Ek is BAIE in my skik. Haal net die uie af en gebruik. Jy kan jou avo in ‘n bakkie sit, gekerfde uie in/op die avo gooi, toe maak en dit bly lank groen sonder om te verkleur en geen na smaak. Hier is n foto wat ek geneem het van die persoon wat die link op google gesit het.. die foto is 72 uur na die toets geneem.
Wilmary Alicia Noonan Noonan –
suurlemoensap hou dit ook mooi groen
Christene Schoonbee –
ruik die avo nie na uie nie ?
Rio Judy Canovi Brand
Nee Christene Schoonbee, glad nie…
Wilmary Alicia Noonan Noonan
ek het al die suurlemoensap probeer.. maar ek het nie van die suurlemoen geur op die advokado gehou nie. Die toets wat die man gedoen het, het ook dit bevestig.. die water toets het hy gese dit is slymerig.. die olyf olie se hy, advodakado het genoeg olie.. die plasiese sakkie wat hy gebruik het, was n zip lock nadat hy die lug uit gesuig het… Laas week het ek die boonste punt van n advokado af gesny , die avo was groen, ek het dit in n bakkie gesit, uie in die bakkie gesny en buite gelos met die hoop dat dit ryp word. Ek het dit nou net oop gesny, dis ryp en ek proe nie n ui geur nie.
Magda Paulsen
bietjie suiker oor ‘n gesnyde avo keer ook dat dit verkleur..
Rina Kleinhans
Speol die gesnyde avo af onder koue water, of gooi die hele avo met skil en al in kookwater vir so 1 minuut, haal uit en laat afkoel, sny dan, dit verhoed dat dit verkleur








