Net voor slapenstyd neem ek (die) skaapboud en was dit met baie lou water af. Daarna maak ek klein snitte in (die) boud orals oor en vul dit met knoffel huisies en wortel stokkies. Wortel in (die) lengte gesny so omtrent een en ‘n half duim lank en druk dit by elke derde snit in. Dan vryf ek die boud met sout en olyfolie en draai dit toe in foelie.
Dan sit ek dit in ‘n bak met ‘n deksel. Voeg so omtrent 1 koppie water by en sit (die) deksel op. Los dit oornag in die oond by 100ºC. More oggend hier by 5 uur word ‘n mens wakker met ‘n heerlike geur van knoffel en slaapvleis. Haal net versigtig uit want dan is (die) boud so sappig en heerlik sag. Ek hoop julle gaan dit baie geniet soos ons De bruin,s
Resep: Heila De Bruin








