1 liter fyn gekerfde kool
150 ml room
5 ml suiker
1 ml sout
1 ml paprika
50 ml gedroogde broodkrummels
150 ml gerasperde Cheddarkaas
Metode:
Skep die gekerfde kool in ‘n bakskottel.
Meng die room, suiker, sout en paprika goed en gooi die dit oor die kool.
Strooi die broodkrummels oor en bak met die deksel op vir 30 minute.
Verwyder uit die oond.
Strooi die kaas oor en bak vir ‘n verdere 10 minute.
Bedien warm.* Voortrekker resepte*
Foto: Bernice Janse








