
DOUGHNUTS IN DIE DOUGHNUT MASJIEN
1 koppie bruismeel
¼ koppie strooisuiker
mespunt koeksoda
1 eier, geklits
¾ koppie melk
20 g botter,gesmelt
Sif die droë bestanddele saam.
Klits eier, botter en melk saam en meng in droë bestanddele.
Laat beslag 10 min rus.
Bak in jou doughnut maker volgens die instruksies van jou masjien.
Resep: Uit die Doughnutmasjien boekie






