Wat hierdie aartappelslaai besonders maak is dat jy avokadopeer en fetakaas ook bymeng.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 30 min.
SLAAI:
1 kg babaaartappels
1 ui, in ringe gesny
2 hardgekookte
eiers, in skyfies gesny
4 stingeluie, gekap
1 wiel fetakaas, gekrummel (opsioneel)
½avokado, in stukkies gesny en met suurlemoen bedruip
sout en gemaalde swartpeper
SLAAISOUS:
250 ml (1 k) mayonnaise
45 ml (3 e) soet brandrissiesous
15 ml (1 e) sojasous
MAAK DAN SO:
1.Slaai:
Kook die aartappels tot net gaar. Dreineer, laat afkoel en halveer elke aartappel.
2.Meng die res van die bestanddele vir die slaai liggies in ’n slaaibak.
3.Slaaisous:
Meng al die bestanddele goed en giet oor die slaai. Meng liggies en geur met die sout en peper.
FOTO- Adam Cloete