AARTAPPELSLAAI MET BILTONG
6 groot aartappels, in blokkies gesny en gekook tot net sag
250 ml biltong, gekerf
2 uie, fyn gekap
15 ml vars pietersielie
Sous, meng saam:
375 ml mayonnaise
125 ml plain jogurt
125 ml kondensmelk
bietjie sout
Plaas die aartappelblokkies saam met die ander bestanddele in jou opdienbak, giet die sous oor.
Indien verkies sit nog ekstra biltong bo-oor.
Laat lekker verkoel en bedien.
Bron: Hettie Swanepoel
Foto: Roni Van Der Walt