WENKE VIR DIE KOOK VAN MARMELADE KONFYT
Rika Du Plessis
Al julle oulike mense hier met jul heerlike resepte kan my dalk op my vraag wat volg kan antwoord. Hou in gedagte ek is glad nie ‘n ekspert waar dit by kook en bak kom nie.Marmelade. Die resepte wat ek het sê jy sny jou snippers, laat lê dit deurnag in water – volgende dag kook jy tot skil gaar en laat lê weer deur die nag en die volgende dag kook jy gaar. Waarom is die oorlê van die twee nagte nodig? Ek het dit gedoen en dit het goed gekom, MAAR uit pure nuuskierigheid het ek ook met ‘n bietjie eksperimenteer en al daai funksies in een dag gedoen, en my marmelade het net so lekker gekom. Ek het gewonder of iemand hier dalk die antwoord op my vraag weet?
Rina Carstens Rika dit is glo om vrugte te ontvars ek dink dit is maar te doen met pektien van die vrugte om everedig te ontwikkel Ek kook die formule en gebruik 4vrugte nl. lemoen, nartjie, pomelo, en suurlemoen. Rede hoekom jy weer moet oornag na dit saggekook is is dat vrugte moet koud wees wanneer suiker bygevoeg word. Ek kook partymaal my vrugte sag baie vroeg in die oggend en dan laat in die middag kook ek die laaste stap dit werk net so goed maar vrugte moet net koud wees.
Rika Du Plessis Baie dankie vir jou info Rina Carstens. Enige verklaring oor hoekom my toetslopie om alles direk agtermekaar te doen toe net so lekker gekom het? Of was ek maar net “lucky”?
Rina Carstens Rika soos ek se ek het die kookproses ook al alles in n dag gedoen met enige vrugte se hulle suiker moet opgelos wees voor jy dit vinnig laat kook ek dink dit het te doen met kleur van vrugte op die einde iemand het ook gese dat dit nie moet versuiker nie ek weet nie. Maar n mens kan dit in eendag kook ek is bly joune het goed gekom.
Jenny Schneigansz Ek snipper bedek met koue water bere in yskas oornag. Kook volg dag tot skille sag is, toets met tandestokkie, voeg suiker by warm mengsel, kook tot jellie word op koue piering. Ekt al sakke en sakke so gedoen, konnie voorbly met bestellings laas jaar. NS. Di groot geheim vr enige lekker konfyt is Goue Bruin suiker.
Beulah Visser Nou verduidelik dan vir my waarom myne net waterig bly….. smaak heerlik, maar waterig. Het soooo gelag. Dit alles deur ‘n sif gegooi en my man is mal oor die “sap” wat hy met water verdun, maar die marmalade steeds loperig! Suurlemoenmarmelade pragtig en heerlik…. ook volgens resep, maar die ander….. geflop!
Petro Borchard Te min pektien teenoor suur Beulah, of te min gekook…..Dis die 2 redes volgens Bottel en Gebruik (Hannetjie Joubert). Sy sê ook jy kan die volgende doen (dis wat ek gaan doen)
“Vir helder marmelade sonder skilsnippers word die heel repe skil bygevoeg, saam gekook en dan weer uitgelig. Bind die pitte en wit van die skil in ‘n moeseliendoek toe en sny die sagte vrugtehuisies in kleiner stukke. Plaas nou in groot swaarboomkastrol en kook oor matige hitte tot die skil sag is en die helfte van die vloeistof weggekook het. Gebruik ‘n groot, diep kastrol sodat die mengsel vinnig kan kook sonder om oor te kook en dit maklik kan indamp. Dit is noodsaaklik om stolpunt vinnig te bereik. Nadat die suiker bygevoeg is, moet die mengsel nooit dieper as 5 cm in die kastrol wees nie anders kan indamping nie vinnig genoeg plaasvind nie. “Die goue reël is om suiker eers by te voeg wanneer die vrugte sag is, omdat die skil nie sagter gaan kook sodra die suiker bygevoeg is nie”
Linnie Barnard Naude ek snipper die helfde….en versap die ander helfde….laat net een nag oorstaan….en kook in mikrogolf….2kg op ‘n slag….25 min op hoog….roer goed…25 min op hoog…skep skuim en roer goed….15 min op hoog…en voila….almal kom bedel vir my heerlike gouestroop marmelade….Het verlede seisoen 12,5 kg suiker opgekook vir al my vriendinne….was later skoon vies as hulle marmelade kom bedel….maar moet ook se….ek was trotse vrou…..en gooi maar 2 teelepel gemmer ook by….jy eet jou vingers af….van lekkerte….
Foto geleen by Plaas konfyt







