
TAMBOESIES VAN BLAARDEEG
1 rol bevrore blaardeeg
500 ml melk
60 ml witsuiker
30 ml vlapoeier
30 ml mielieblom
knypie sout
5 ml vanieljegeursel
Versiersuiker gesif, suurlemoensap, kookwater, paar druppels amandelgeursel.
Ek los dit gewoonlik uit, want ek hou nie van die smaak nie.
Laat blaardeeg ontdooi.
Voorverhit oond tot 200°C.
Rol deeg oop, moenie dit dunner uitrol nie en sny dit in 4 cm vierkante.
Bak vierkante vir ongeveer 12 min of tot goudbruin en uitgepof. Laat op draadrak afkoel.
Hou bietjie van melk eenkant, verhit res tot kookpunt.
Meng suiker vlapoeier, mielieblom en sout met die bietjie melk tot ‘n pasta.
Klop kookmelk geleidelik hierby en giet terug in kastrol. Roerkook tot dik en gaar.
Haal die vla van stoof af en roer vanielje geursel by. Plaas ‘n stuk nat waspapier bo-op. Laat vla afkoel tot koud.
Splits elke vierkant oop, skep vla op onderste stukkie en plaas die boonste stukkie bo-op.
Maak versiersuiker met suurlemoensap en kookwater aan tot dik pasta.
Geur met amandelgeursel en skep ‘n teelepel vol oor elke gevulde vierkant.
Resep geplaas deur Leilanie Claassens






