

SJOKOLADE CRUNCHIES
6 oz botter of margarien (180 g)
½ koppie suiker
1 koppie oats
1 dessert lepeltjie kakao (12 ml)
½ teelepel bakpoeier
1 koppie koekmeel
1 koppie klapper
1 teelepel vanillageursel
Room botter en suiker baie goed saam. Voeg res van die bestanddele by en meng goed, druk in oondpan vas.
Bak in voorverhitte oond vir 30 min by 180 ºC.
Vir die bo laag neem 2 koppies versiersuiker en kakao met omtrent 6 eetlepels kook water en 1 teelepel vanilla en meng goed. Ek maak dit nie te loperige nie maar so dat jy dit kan smeer.
Foto en resep : Ina Baker






