
DRIE BOONTJIESLAAI
1 blik gebakte bone gedreineer
1 blik botterbone gedreineer
1 blik gesnyde groenbone gedreineer
1 blik rooi nierbone gedreineer
1 ui in skywe gesny
1 groen rissie in skywe
Slaaisous:
100 ml olie
75 ml bruin suiker
200 ml witasyn
5 ml droë mosterd
5 ml basiliekruid
5 ml droë pietersielie
3 ml sout
2 ml peper
Meng als saam behalwe slaaisous.
Skud slaaisous bestanddele in shaker, giet oor slaai, meng deur, seël en verkoel
Gepos deur: Ria Jacobs






