LEKKERBEK PIESANGKOEK
1 koppie suiker
3/4 koppie kookolie
4 eiers
4 piesangs fyngemaak + 1 ekstra vir agterna
2 koppies bruismeel
1 pakkie butterscots kitspoeding
1 teelepel koeksoda
1/2 teelepel sout
1 teelepel vanilla essense
1/2 koppie melk.
1/2 koppie fyngekapte okkerneute.plus ekstra vir versiersing.
Voorverhit die oond tot 180c.Smeer n ringkoekpan of spuit met kossproei.
Klits die suiker en olie saam.Klits die eiers een vir een by en klits geode na elke toevoeging.
Meng die fyngemaakte piesangs by
Sif die bruismeel,poeding,koeksoda en sout bo oor en meng goed.
Voeg die melk en vanilla by en vou die neute in.
Sprinkel bruinsuiker onder in die koekpan en sny die ekstra piesang in skyfies en sit onder in.
Skep die beslag in die voorbereide ringkoekpan en bak vir 1 uur of tot n totspen skoon uitkom.
Maak intussen die sous:
100g botter
3/4 koppie suiker
1/2 teelepel kaneel
3/4 koppie water
Kook oor lae hitte vir 5 minute
Gooi n 1/2 koppie Baylies Irish cream liqueur of Amarula by.
Gooi oor die koek as dit uit die oobd kom.
Laat effe afkoel en keer uit op n opdien bord. Sprinkel met gekapte okkerneute. Bedien met geklopte room.
Bron: Hettie Bezuidenhout – My eie resep