JAPTRAP SJOKOLADE KOEK
(1)
3 koppies bruismeel
2 koppies suiker
¼ koppie kakao
2 teelepels koeksoda
½ teelepel sout
(2)
2 teelepels vanilla geursel
2 eetlepels bruin asyn
3/4 koppie olie
2 koppies koue water
Sif die bestanddele in kolom 1 goed saam.
Klits die bestanddele in kolom 2.
Voeg by meelmengsel en meng met ‘n VURK tot alle klonte uit is.
MOENIE ‘N KLITSER GEBRUIK NIE!!
Gooi in ‘n groot tertbak wat goed gespuit is. Bak in matige oond by 180°C vir 30-35 minute – Toets.
Laat goed koud word voor versier. Koek bly in tertbak.
MAKLIKE VERSIERSEL
100 g margarien
30 ml kakao
250 g versiersuiker (of Meer)
60 ml karringmelk
5 ml vanilla geursel
Plaas margarien, kakao, en melk in mikrogolf houer en mikro tot botter gesmelt is. Meng versiersuiker en geursel by. Gooi bo-oor koek. Vir ‘n meer smeerbare versiersel, voeg meer versiersuiker by
Resep deur Hannalie Kitshoff






